School sportSport

Spelers gereed vir provinsiale kompetisie

Die hokkiefees by Komatipoort Akademie op Saterdag 31 Augustus, het vir baie opwinding gesorg.

Verskeie laerskole, onder andere Lydenburg, Laeveld, Nelspruit Primary, Riverview en Komatipoort was in aksie. Elke wedstryd was 16 minute lank, dus agt aan elke kant. Sowat 600 spelers het hul harte uitgespeel en die dag terdeë geniet. Daar is 70 wedstryde gespeel en vir baie spanne was dit ook die afsluiting van ‘n produktiewe seisioen.
Komatipoort se hokkie het vanjaar goed verloop. Die o/10- en o/11-dogters het na die Ehlanzeni-semifinale deurgedring.
Die o/13’s speel dié week vir die eerste en tweede posisies in die Ehlanzeni-streek (grootskole). Hulle het teen die volgende skole die rekord-oorwinnings in die liga behaal: Malelane 10-0, Barberton 9-0, Riverview
8-0.
Tydens die Top 8 Ehlanzeni-skole was hul uitslae soos volg: Laerskool
Nelspruit 0-0, wen Witriver 4-0 en Numbi 5-0 en speel weer teen Malelane om deur te gaan na die finaal.
Op 6 en 7 September speel hulle in die Top-10 Mpumalanga- skolekompetisie! Die skool wens hierdie dogters baie sterkte toe.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button