Robbies bied weer bekende rugbyweek aan
Hoërskool Rob Ferreira bied volgende jaar 30 Maart tot 3 April die Danie Rossouw Rugby Week aan.

Die 0/14, 0/15, 0/16 en 0/19-rugbyspanne gaan daardie week deelneem.
Wat maak die Danie Rossouw RugbyWeek uniek?
Daar word vir al die kapteine en onder-kapteine leierskap sessies
aangebied op die week.
Elke wedstryd word op DVD opgeneemen aan die afrigters na loop van
elke wedstryd oorhandig. Daar sal lokale daagliks beskikbaar wees vir
wedstryd ontleding vir die spanne.
Daar sal verskeie afrigtings sessies aangebied word deur die BLOUBUL
RUGBY AKADEMIE, wat spesialis afrigters na die week bring.
Al die wedstryde sal deur Pumas Skeidregterunie hanteer word.
Al die 0/16 spanne kan met vooraf bespreking getoets word deur die volgende fiksheidstoetsings op die week:
Bleeptoets: Aerobiesefiksheid is ‘n belangrike component van fiksheid in rugby, aangesien elke speler lang afstande aflê in ‘n wedstryd.
Sit-en-reik: Goeie soepelheid is belangrik vir rugbyspelers om te hardloop en
om bal te kan skop.
Vertikale Sprong: Toets die eksplosiewe krag van stilstaande posisie af.
1min opstoot en 1min sit-ups toets: Spieruithouvermoë speel ‘n belangrike rol in
rugby aangesien daar van ‘n speler verwag word om deur die loop van ‘n wedstryd
maksimale krag elke keer te kan toepas waar nodig.
Ratsheidstoets: Die vermoë om vinnig rigting te kan verander is belangrik in rugby om die verdediging te kan klop om die lyn te breek en selfs om op verdediging meer effektief te kan verdedig.
