School sportSport

Laerskool Nelspruit sluit met goeie krieketseisoen af

Springbokke teen die All Blacks, Blou Bulle teen Province, dit is soortgelyk as dit kom by Laeveld Laerskole kragmetings tussen Nelspruit teen Bergland.

Die afgelope week se krieket wedstryde het weereens krieket uit die boonste rakke opgelewer tussen die twee tradisionele aartsvyande. Slegs die Laeveld wenner van elke ouderdomsgroep dring dan deur na die Mpumalanga uitspeelrontes .Die wedstryde tussen die 0/12’s en 013’s spanne van Nellies en Bergies was dus ‘n nie-amptelike Laeveld finaal, omrede beide skole se 2 spannetjies tot en met laasweek se kragmeting onoorwonne in die Laeveldstreek was.

 

Die stryd tussen die twee  onoorwonne eerste spanne het plaasgevind by Laerskool Bergland. Bergland het die lood gewen en besluit om eerste te kolf en het ‘n skaflike 151 aangeteken in hul toegelate 30 beurte.  Jaco Breyl, afrigter van die Nellies het na afloop van Bergland se kolfbeurt gesê hy het gehoop om Bergland tot 120 te beperk, maar was steeds vol hoop dat sy span die telling van 151 gemaklik sou kon jaag. Die Nellies het nie die beste begin gehad en was vroeg reeds in die moeilikheid met 24 vir 4 na 8 beurte. Op die dag was Bergland net te sterk vir ons met goeie boul en veldwerk.  Nelspruit is almal uit vir 69 lopies en verloor die wedstryd met 82 lopies.

 

Die 0/12 seuns se wedstryd het plaasgevind by Laerskool Nelspruit.  Nellies het die loot gewen en besluit om eerste in te kolf.  Die Nellies was vroeg in die moeilikheid met 10 vir 3 nadat ons, ons paaltjies goedkoop weggegee het.  Adé Adendorff, afrigter van die Nellies was nie te bekommerd en het gesê sy spannetjie was al voorheen in soortgelyke situasies waar ons, onsself uit die moeilikheid gekolf het. Chyle Van Zyl het ‘n pragtige 40 van slegs 31 balle geslaan en dit was net die doepa wat die span nodig gehad het. Die groot helde  van die span was Matthee Joubert en Heini Pieters. Matthee het met ‘n ankerspel kolf vertoning 48 lopies van 92 balle geslaan, net wat die Nellies nodig gehad het om te kalmeer.  Daarteenoor het Heini Pieters die telling teen ‘n vinnige tempo aan die rol gesit en 59 van van slegs  48 balle gemoker. Beide Heini en Matthee was onoorwonne en het ‘n vennootskap van 120 opgelewer wat dan gehelp het om uiteindelik ‘n goeie telling van 195 te bewerkstellig.  Hierna is Bergland ingestuur maar die telling was uiteindelik net te hoog vir die Berglanders. Bergland is almal uit vir 114 lopies en die Nellies wen dus met 81 lopies en dring deur na die Mpumalanga uitspeel rontes

 

Die o/9’s  van het Woensdag teen Bergland hulle laaste wedstryd van die seisoen gespeel.  Bergland het die loot gewen en besluit on eerste te boul.  Ons seuns het ‘n mooi telling van 121 opgestel, en toe Bergland vir 71 lopies uitgehaal, berig Gerrie Doyer afrigter van die Nellies se 0/9 spannetjie.

 

Nellies se 0/10 en 0/11 spanne kon ongelukkig nie die knoop deurhak nie en moes ongelukkig die knie buig teen Bergland. Welgedaan aan al die spanne en afrigters, wen of verloor dit was krieket uit die boonste rakke!

 

Die seuns wat in die finale groep van die Mpumalanga proewe opgeneem is, is Jandru Du Plooy  en Stefan Smit by die 0/13’s en Tristan Parnell, Jacques Vosloo, Chyle v Zyl, Heini Pieters en Matthee Joubert by die 0/12’s.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button