School sportSport

Swemmers vaar goed in Tri-Nations

BARBERTON – Twee leerders van Hoërskool Barberton, Liza-Mari Drummond en Jillian Clark, het die skool onlangs tydens die eerste been van die 2013/14 Tri-Nations Gala verteenwoordig. Dit het by Nelspruit se Van Riebeeck Swembad plaasgevind en spanne van Mpumalanga, Mosambiek, Swaziland en Angola het deelgeneem. Die uitslae was soos volg: Clark – dogters 15 jaar …

BARBERTON – Twee leerders van Hoërskool Barberton, Liza-Mari Drummond en Jillian Clark, het die skool onlangs tydens die eerste been van die 2013/14 Tri-Nations Gala verteenwoordig. Dit het by Nelspruit se Van Riebeeck Swembad plaasgevind en spanne van Mpumalanga, Mosambiek, Swaziland en Angola het deelgeneem.

Die uitslae was soos volg:

Clark – dogters 15 jaar
50m vlinderslag – sesde – 38.99
50m borsslag – sewende – 53.69
50m vryslag – sewende – 33.63
200m IM – vyfde – 3:29.44

Drummond – dogters 14 jaar
50m vlinderslag – derde – 34.10
50m borsslag – sesde – 43.22
50m vryslag – vierde – 30.92
200m IM – vierde – 3:06.30.

Drummond het ook prysgeld van R500 tydens die Mpumalanga-prysuitdeling vir haar algehele tweede plek in die 2012/13 Tri-Nations-kompetisie vir dogters 13-jaar ontvang. Sy het ook vir die derde agtereenvolgende jaar Mpumalanga-kleure vir swem ontvang.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button