Kannetjies seevier in die provinsiale krieketliga
Die o/11- en eerste krieketspan van Laerskool Malelane is Mpumalanga-kampioene vir mediumskole.
Die o/11- en eerste krieketspan van Laerskool Malelane is Mpumalanga-kampioene vir mediumskole. Op Dinsdag 15 Oktober het die o/11’s teen Laerskool Marietjie van Niekerk van Bethal te staan gekom. Malelane het die loot gewen en die opponente ingestuur om te kolf. Later was almal vir slegs 30 lopies terug op die paviljoen.
Laerskool Malelane het die telling, met nog nege paaltjies staande, verbygegaan.
Die volgende dag het die eerste span teen Laerskool Wittenberg van Piet Retief gespeel. Wittenberg het eerste gekolf en almal is vir 42 lopies uitgehaal. Malelane het dié telling met nog 10 paaltjies staande, verbygesteek. Sowaar ‘n prestasie om trots op te wees.
