School sportSport

Malelane seëvier in interlaer

Komatipoort Akademie het hulself oortref as gasheer van die interlaer, wat verlede Vrydag hier plaasgevind het, oortref Komatipoort, Malelane, Numbi, Sabie, Burgersfort en Steelpoort het meegeding.

Die geleentheid is deur Komati  SUPERSPAR geborg en die top-presteerders was gelukkig om die pragtige trofeë, en nie net replikas daarvan, te kon hou.
Beamptes, verteenwoordigend van al die betrokke skole, is met ‘n vyfster-ontbyt in die skoolsaal getrakteer, waarna die atlete mekaar die stryd aangesê het. Malelane het nie net die interlaer gewen
nie, maar ook die persentasiebeker met 131%. Komatipoort was tweede met 96 en Sabie met 63.
Die veldatleet van die dag, ‘n leerder van Malelane, was Sinokhule Mazibuke met 851 punte. Khuhle Mnisi, ook van dié skool, was die
beste baanatleet, sowel as die beste van die dag met 912 punte.

Numbi het ook ‘n wenner opgelewer en Nskozana Mpinga
was die beste naelloper met 698 punte.

Sethu Mathebula van Komatipoort is met sy uitsonderlike prestasies in die 1 500m en 800m as die beste middelafstand-atleet van die dag gekies. Hope Madonsela van Malelane as die junior victrix ludorum gekroon, terwyl Nduduzi Maseko van Sabie die victor ludorum was.
Milda van Dyk van Komatipoort het eerste plekke in die 100m-, 150m-, en 75m-hekkies behaal en is as die senior victrix ludorum gekies, terwyl Skozana Mpinga van Numbi uitstekend in die 80m
hekkies, 100m, 200m en in verspring presteer en as die victor ludorum aangewys
is.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button