Robbies-atlete op pad na die Nasionale Kampioenskappe
Altesaam vier atlete van Hoërskool Rob Ferreira gaan binnekort aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem.
Altesaam vier atlete van Hoërskool Rob Ferreira gaan binnekort aan die Nasionale Kampioenskappe deelneem. Danel Bieldt, Intando Gumede, Sakhile Maseko en Kwandu Nhlabathi gaan van 4 tot 6 April hul provinsie verteenwoordig.
• Danel Bieldt
Sy is as senior victrix ludorum by vanjaar se Interhuis- en Laeveld Prestige-atletiekbyeenkoms aangewys. Sy het vier medaljes by die Interhoër verower en is Mpumalanga se beste spiesgooier vir d/17. Haar prestasies hou nie hier op nie – sy het die spiesgooi-rekord met 40,8m by die Mpumalanga-kampioenskappe in Secunda verpletter en was tweede in diskus.
• Intando Gumede
Dié d/17 spog met ‘n afstand van 12,29m in gewigstoot en het die rekord by ‘n vriendskaplike byeenkoms in Barberton verbeter. Sy het twee medaljes by die Interhoër verower en vanjaar is haar eerste SA-byeenkoms.
• Sakhile Maseko
Dié seun is as die junior victrix ludorum by die Interhoër- en Laeveld prestige-atletiekbyeenkoms aangewys. Hy het met met ‘n persoonlike beste van 13,79sek op die 100m-hekkies vir s/15 weggestap en het vyf medaljes by die interhoër ingepalm.
• Kwandu Nhlabath
Hy het verlede jaar óók aan die SA-kampioenskappe deelgeneem. Hy neem vanjaar aan die 100- en 200m deel. Hy het die 200m in 22,8sek gehardloop en het vier medaljes by die Interhoër verower.
