Vier atlete neem aan SA’s deel
Vier atlete van Hoërskool Lydenburg het gedurende die vakansie aan die SA's (Ussasa) in Pietersburg deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt deur onder die top 20 in al hul items te eindig.
LYDENBURG – Vier atlete van Hoërskool Lydenburg het gedurende die vakansie aan die SA’s (Ussasa) in Pietersburg deelgeneem en hulself goed van hul taak gekwyt deur onder die top 20 in al hul items te eindig.
Petrone Bouwer het aan die gewigstoot-item deelgeneem, Isak Beytell aan die 110m-hekkies waar hy ‘n tiende plek verower het en Heinrich Steyn aan gewigstoot sowel as diskus. Steyn het ‘n tiende plek in gewigstoot en ‘n 16de plek in diskus behaal.
Mignon Black het haar slag in die 400m-hekkies gewys en ‘n negende plek verower.
Sy het ook gekwalifiseer om aan die Atletiek Suid-Afrika (ASA)-kampioenskappe in die Kaap deel te neem waar sy in dieselfde item ‘n dertiende plek behaal het.
Hoërskool Lydenburg wens hulle hartlik geluk met hul besonderse prestasies.
