Ben Vorster maak skoonskip
Die sportspanne van Ben Vorster, beter bekend as die Rooi Masjien, het die afgelope naweek skoonskip gemaak van Hoërskool Lydenburg tydens ‘n vriendskaplike wintersportbyeenkoms.
LYDENBURG – Die sportspanne van Ben Vorster, beter bekend as die Rooi Masjien, het die afgelope naweek skoonskip gemaak van Hoërskool Lydenburg tydens ‘n vriendskaplike wintersportbyeenkoms.
Al die spanne van Lydenburg het verloor en slegs die tweede meisieshokkiespan kon gelykop speel met een doel elk.
Alhoewel Hoërskool Lydenburg net duskant die 1 200 merk lê ten opsigte van leerlinggetalle en Ben Vorster maar 965 leerlinge sterk is, meen mnr. Otto Schulze, sportkoördineerder van die hoërskool, dat die slagting deels toegeskryf kan word aan die tydperk waaraan spelers van die skole blootgestel is aan die ligas waarin hulle speel.
“Lydenburg het aanvaklik klei etrap toe hulle twee jaar gelede in die reeks begin gespeel het, maar handhaaf vandag ‘n goeie standaard,”, sê Schulz.
Volgens die sportkoördineersvan Ben Voster, Mr André Huys, neem hulle al van 2007 af in die grootskole-liga deel. Vroeër die jaar het al Hoërskool Ben Vorster se rugbyspanne in die finale van die PUK-reeks meegeding.
“Al die spanne het vir eerste of tweede plek gespeel, behalwe die o/16B’s wat vir derde plek uitgespeel het”, vertel Huys. Ben Vorster is onder andere in 2013 ook as Beeld-trofee wenners gekroon en het dieselfde jaar ook die Puk-reeks gewen.
In 2011 was hulle o/14-, o/15-, o/16- sowel as eerstespan Beeld-rugbywenners. “Ons speel een of twee maal per jaar teen ‘n uitsonderlike skool soos Ben Vorster om ons krag en vordering te toets en poog hierdeur om spelers bloot te stel aan die vinnige tempo wat deur die groot- en makroskole gespeel word,” verduidelik mnr. Johan Loots, hoof van Hoërskool Lydenburg.
“In die proses moet ons ook leer om soos waardige verloorders op te tree.”.
