Jong tennisspelers gee hul beste vir plek in die span
Die Laeveld Junior Geslote 4 Tennistoernooi het Vrydag en Saterdag plaasgevind.
Junior tennisspelers in die Laeveld kon die naweek ‘n trappie nader aan hul doelwit beweeg om uiteindelik in die Mpumalanga-span opgeneem te word. Daar is vier rondes, waarvan die tweede een van die Laeveld Junior Geslote 4 Tennistoernooi Vrydag en Saterdag plaasgevind het.
Die juniors speel rondomtalie in hul ouderdomsgroepe. Die uitslae van die vier toernooie sal uiteindelik die Laeveld-spanne bepaal wat op hul beurt die geleentheid sal kry om vir plekke in die provinsiale spanne mee te ding.
Volgens Jeanetha Boshoff, voorsitter van die Laeveld Junior Tennis Assosiasie, het die naweek ‘n paar naelbyt-wedstryde opgelewer.
Volgende op die kalender is die Mpumalanga Mini 2 wat plaasvind vanaf 16-18 Mei by Van Riebeeck Park, Hoërskool Nelspruit, Hoërskool Bergvlam en Matumi se bane. Sien nog aksie-foto’s van die wedstryde hier.
Uitslae
D/18: Marissia Ittergahen-Strauss (wenner), Anneri Mans (naaswenner)
S/18: Jacques Fourie (wenner), Migael van Velden (naaswenner)
D/15: Marné van Aarde (wenner), Clarissa Boshoff (naaswenner)
S/15: Andre Vosloo (wenner), Taillard van Zyl (naaswenner)
D/13: Michelle Boshoff (wenner), Lize van Biljon (naaswenner)
S/13: Du Toit Wessels (wenner), Matthys Wessels (naaswenner)
D/11 Mia Gunther (wenner), Su-Marie Naudé (naaswenner)
S/11: Bernard van Esch (wenner), Hugo Coetzer (naaswenner)
