School sportSport

Jongspan speel so al wat hul kan

Die sportvelde van Laerskool Lydenburg was op Saterdag 'n miernes van bedrywigheid toe 770 aspirante jong netbal- en rugbyspelers van die Laeveld saamgedrom het om die fynere truuks van dié twee sporte aan te leer.

Die sportvelde van Laerskool Lydenburg was op Saterdag ‘n miernes van bedrywigheid toe 770 aspirante jong netbal- en rugbyspelers van die Laeveld saamgedrom het om die fynere truuks van dié twee sporte aan te leer.

Vir sommiges was dit die eerste keer wat hulle amptelik met opponente kennis gemaak het en ma was dus nie té ver weg om ‘n drukkie na ‘n harde laagvat uit te deel nie.

“Die doel van ‘n mini-sportdag is om aan spelers die nodige blootstelling aan wedstryde te gee. Dit bevorder ook goeie sportmangees en kweek ‘n liefde vir netbal en rugby onder die kinders,” verel mnr. Joubert Jankowitz en me. Ina Beeken, die organiseerders.

‘n Totaal van 12 skole het aan die geleentheid deelgeneem en harte het veral warm geklop as plaaslike skole op die veld aangedraf kom. “Dit was ‘n wonderlike dag en dis lekker om te sien dat die kinders nie vir trofeë speel nie, maar bloot om dit te geniet,” het die hoof van Laerskool Lydenburg, wat self ‘n kranige ondersteuner langs die veld was, gesê.

Laerskool Lydenburg bedank graag mnr. Lemmer asook Longtom Nissan wat die hoofborg van die dag was.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button