School sportSport
Laeveld sorg vir groot opskudding op sportveld
Na 'n redelike kort laerskole-wintersportliga het Laerskool Laeveld verlede week vir 'n opskudding gesorg na hulle 'n jare lange wendroogte op die rugbyvelde teen Laerskool Nelspruit beëindig het.

Die Laevelders se eerste rugbyspan het die Nelspruiters in die voorlaaste ligastryd van die seisoen met
25-17 gewen.
Uit die ses A-span rugbywedstryde wat gespeel is kon Nelspruit slegs twee wen, die o/9’s het 19-0 geseëvier en die o/10’s 40-12. Laeveld se derde span het hulle kragmeting met 15-12 gewen terwyl die tweedes met 19-7 geseëvier het.
Op die netbalbane het Nelspruit egter koning gekraai en het 10 uit die 15 wedstryde gewen. Dié week sal al die Laeveldse laerskole in hulle laaste rugby-en netbalwedstryde speel voor die uitspeelrondes begin.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
