School sportSport
BHS o/15’s tweede in provinsie
Barberton Hoërskool (BHS) se netbalspelers het die afgelope naweek aan die Mpumalanga Skole-netbalkampioenskappe deelgeneem.

Die gasheer was Rob Ferreira in Witrivier en die o/15 en o/17’s van BHS het besonder goed gevaar.
Die o/15’s het tweede in die provinsie geëïndig en alhoewel die o/17’s baie goed gespeel het, het hulle ongelukkig in die finaal uitgeval. Die hoof en personeel van BHS het die spelers met die prestasies gelukgewens.
“Dankie aan elke speler asook hul afrigters vir al julle harde werk deur die seisoen. Ons is trots op julle.” Die spanlede is: Sinothile Ndlovu, Promise Nkuna, Khanyisile Makama, Leana Claassens, Karilota Zulu, Busisiwe Malinga, Zanele Mahlalela, Yvette Shabangu en Renata de Jager.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!
