Lydenburg kraai koning
Die Mpumalanga grootskole se o/13-rugbykampioene is onlangs in Witbank gekroon.

Twee van die Laeveld se grootste opponente, Laerskool Lydenburg en Nelspruit, se eerste spanne het tydens die semifinale hul Hoëveldse eweknie geklop om na die finaal die daaropvolgende week deur te dring.
Gedurende die liga het die twee spanne ‘n gelykoptelling behaal wat die agterdeur vir Nelspruit oopgemaak het. Maar die kroon was nie hierdie jaar vir die Nelspruiters beskore nie. In ‘n klipharde en baie gelykopstryd het die Lydenburgers in die doodsnikke daarin geslaag om die wenpunte aan te teken. Hulle is as die grootskole-kampioene met ‘n eindtelling van 20-15 bekroon.
Gedurende die semifinale was daar altesaam 13 van die Laeveldse skole betrokke in die Mpumalanga uitspele.”
Laerskole Witrivier se o/9’s (groot skole), Nelspruit o/9’s (grootskole), Numbi o/9’s (klein skole), Malelane o/11’s (klein), Lydenburg o/10’s (groot), Nelspruit o/11’s (groot), Numbi o/11’s (klein), Nelspruit Primary o/10’s (groot), Bergland o/11’s (groot), Komatipoort Akademie o/13’s (klein) en Malelane o/13’s (klein).
Twee ander spanne van die Laeveld is die daaropvolgende week as Mpumalanga-kampioene bekroon. Laerskool Numbi se o/9’s en Malelane se 0/11’s het hul opponente uitoorlê en dra die titel vir 2014.
