School sportSport

Vlammies loop met kroon weg

Hoërskool Bergvlam se eerste rugbyspan is as koning van die Mpumalanga-liga vir middelskole bekroon.

Vlammies het Steelcrest van Middelburg in ‘n klipharde wedstryd met net 5-3 getroef. Vir die wat graag na dié sport op die kassie kyk, sal weet dat dit ‘n ongewone lae telling in rugby is.

Dit is slegs die tweede keer in die skool se geskiedenis wat hulle dit reggekry het – die eerste was in 1996 waar Bergvlam die Laeveldliga vir kleinskole in ‘n naelbytstryd die kwarteindstryd teen Hoërskool Zeerust verloor het.

Die bloues het goeie eerstefase-besit gekry en volgens die afrigter, Pieter Wolmerans het die spelers baie goed verdedig. 

“Ons het van ‘n 3-0 agterstand teruggeveg en die haker Jacques Odendaal het die enigste vyfpunter van die wedstryd gedruk. Dit was uiteindelik die wenpunte!”

Die o/14- en o/16 A-spanne kan met nóg meer trots rondloop nadat hulle óók as wenners van die veld gestap het. 

Dit is die beste posisie wat onderouderdomspanne nóg in die skool se rugbygeskiedenis behaal het.

Bergvlam se eerste span gaan op 9 Augustus teen Hoërskool Parys in die Beeld-trofee kragte meet. 

Die o/14’s speel teen Hoërskool Belverdere en die o/16’s se teenstanders word eerskomende naweek bepaal.

IMG_2539.JPGA

IMG_2601

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button