School sportSport

NHS se tweede Hokkiespan dra die kroon

Nelspruit Hoërskool se tweede hokkiespan is Saterdag by Uplands as Mpumalanga se beste gekroon.

Dit nadat hulle Hoërskool Ermelo in die eindstryd van vanjaar se Mpumalangaliga 2-0 verslaan het.

Die doele is deur Liesa van Huyssteen en Candice-Lee Laubcher aangeteken wat ‘n gaping in Ermelo se verdediging gevind het. 

NHS se eerstespan het in die halfeindstryd ‘n oorwinning van 4-3 teen Ermelo behaal en tree as naaswenners in die eindstryd teen Hoërskool Standerton uit.

Die o/14 A’s en o/15 A’s kompeteer voortaan in die Noordvaal kwalifiserende ronde.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button