Krieketweek se beste spelers aangewys
Laerskool Witrivier het van 15 tot 18 Julie hul jaarlikse krieketweek aangebied. Altesaam 42 spanne het op 11 velde 88 wedstryde gespeel.

Laerskool Witrivier het van 15 tot 18 Julie hul jaarlikse krieketweek aangebied. Altesaam 42 spanne het op 11 velde 88 wedstryde gespeel.
Dit beteken dat daar omtrent 17 600 boulbeurte vir die week was. Die skool wil graag die borge vir hul ondersteuning bedank.
Die volgende leerlinge het gedurende die week presteer: Victor Arnoldi (beste bouler o/13), Connor Barnes (beste kolwer o/11), Luhan Rademeyer (beste veldwerker o/11), Danny van Staden (beste kolwer en bouler o/10), Phlippie Schoeman (beste veldwerker o/13) en Ruben Botha (beste bouler o/12), (agter) Rijk de Kock (beste bouler o/11), Jakobus Terblanche (beste kolwer o/12), Tristan Barnes (beste kolwer o/13), CJ Bekker (beste veldwerker o/12)en Scott Kirk (beste veldwerker o/10). Heel agter is mnr Jaco van der Merwe.
