Spelers trots op hul nuwe tennissentrum
Dink terug aan die tennisdae van die 1960's - daardie tyd was daar nog nie iets soos gras- of kleibane nie. Spelers het op sementbane met spierwitballe gespeel.

Wonder jy wat die splinternuwe wit gebou langs die N4 op pad na Malalane is? Hoërskool Nelspruit (NHS) het verlede week die inhuldiging van hul tennissentrum gehad. Tennisaanhangers het lank van ‘n gerief soos dié gedroom en dit waarmee NHS spog, gebeur nie met elke skool nie.
Die skool het hulde aan al die belanghebbendes en die gemeenskap wat bygedra het om hierdie lank gekoesterde droom te vervul, gebring.
Tydens die geleentheid is die buiteafrigter mnr. Charl Marais, vir sy reusebydrae tot die uitbou van die sport, by dié skool en in die Laeveld, vereer. Marais kon weens omstandighede nie die geleentheid bywoon nie. ‘n Erelid van die skool, mnr. Hendrik Strydom het die groot eer gehad om die groenlint, om die tennissentrum amptelik te open, te knip. Strydom is 89 en was voorheen die sektretaris van Nellis Klub 1000 en hy was ook die kurator van die museum.
Verskeie borge soos Gerhard Jooste argitekte, Laevelder, Laeveld tennis, Lebombo kwekers, Malelane stene, Nasionale lotery, Nellies Klub 1000, Top T en Colas het ‘n groot rol gespeel om geld te bewillig om dié sentrum daar te stel.
Hoërskool Nelspruit is opreg trots om deel van hierdie maatskappye te wees.
