Nellies se krieketspelers seëvier oor Bergland
Met die krieketseisoen wat onlangs begin het, is Laerskool Nelspruit se seuns goed op dreef.

Dit nadat hulle ál vyf hul wedstryde teen Laerskool Bergland gewen het.
• 0/9’s – Nellies wen met agt paaltjies
• 0/10’s – wen met agt paaltjies
• 0/11’s – wen met 27 lopies
• 0/12’s – wen met agt paaltjies
• 0/13’s – wen met 148 lopies.
Nellies se o/13’s het die loot gewen en besluit om eerste te kolf. Die manne het ‘n skaflike telling van 190 lopies aangeteken en Bergland vir slegs 42 lopies uitgehaal.
Thristan Parnell van Laerskool Nelspruit is as speler van die wedstryd aangewys – hy het 39 lopies aangeteken en het ‘n fenomenale boul-vertoning gelewer, waar hy agt paaltjies in ses beurte geneem het en slegs 10 lopies afgestaan het.
Tristan het ook met sy veldwerk uitgeblink met drie vangskote.
