Nellie-krieketspelers kook teen Uplands
Laerskool Nelspruit se eerste krieketspan het amok gemaak nadat hulle vir Uplands College met 152 lopies geklop het.

Nellies het die loot gewen en besluit om eerste te kolf en het 201 lopies aangeteken. Jacques Vosloo het 102 van slegs 64 balle gemoker. Vosloo het ook drie paaltjies geneem. Uplands was almal uit vir slegs 49 lopies.
Ander uitslae
• O/9’s wen met 41 lopies teen Witrivier
• O/10’s wen met sewe paaltjies teen Uplands
• O/11 B’s verloor teen Barberton o/11 A met nege paaltjies
• O/11 A’s verloor met drie lopies teen Uplands
• O/12’s wen met 120 lopies teen Uplands
• O/13 B’s verloor met 10 paaltjies teen Barberton se eerstes
• Nellies se eerstes wen met 152 lopies teen Uplands se eerstes.
Vyf spelers van Laerskool Nelspruit is vir die Laeveld (Mbombela) interdistrikte-tennisspan gekies wat van 22 tot 24 Augustus in Middelburg teen die Hoëveld en Wes-Mpumalanga gaan deelneem.
• O/11-seuns: Ruben Grundlingh
• O/11-dogters: Mia Gunther en Arili Boshoff
• O/13-seuns: Liam Gunther
• O/13-dogters: Michelle Boshoff.
