School sportSport

NHS maak skoonskip by krieketwedstryde

Hoërskool Nelspruit se krieketspanne het hul uiters suksesvolle ligavertonings die afgelope naweek voort gesit en skoonskip gemaak in hul onderskeie wedstryde.

By die O/15B’s het Leroy Rutherford 107 lopies in die wedstryd teen Sybrand van Nierkerk gemoker. Divan de Villiers het ses paaltjies, insluitend ‘n driekuns, laat kantel en NHS het met 184 lopies gewen.

Staatmaker-boulwerk is vir die O/15C span deur Tian Gryvenstein, wat vyf paaltjies neem, gelewer en NHS wen met 120 lopies teen Uplands O/15B’s.

Die volgende uitslae is behaal:

  • O/14A vs Lydenburg O/15A

NHS wen met 7 lopies

  • O/15 A vs Secunda

NHS wen met 67 lopies

  • O/15B vs Sybrand van Niekerk O/15A

NHS wen met 184 lopies

  • O/15C vs Uplands O/15B

NHS wen met 120 lopies

 

  • 2de span vs Malekutu 1ste

NHS wen met 63 lopies

 

  • Eerstespan vs Secunda

NHS wen met 8 paaltjies

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button