School sportSport

Miere geniet pret op wiele

Die Nellie Miere het onlangs hul wieledagtradisie voortgesit.

Dit is die afgelope ses jaar al ‘n hoogtepunt op dié kinders se jaarlikse kalender. Aktiwiteite is weke voor die tyd sorgvuldig beplan en volledig uiteengesit om te verseker dat alles vlot verloop. 

Behalwe vir ‘n paar springkastele, was daar net wiele waar jy kyk – van winkelwaentjies tot klikwiele. Elke deelnemer is met ‘n smullekker warmbrak en ‘n koue koeldrank bederf. 

Met die karretjieskattejag in die sandput was daar ysies en taai toffies om te wen. Na ‘n besige dag het elke uitgeputte Miertjie teruggekeer huis toe met ‘n welverdiende kolwyntjie as trofee.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button