Skare skree soos een man toe skool sy wendroogte breek
Sommiges het hul asems opgehou. Ander het met hul knieë op die grond gesak en dan was daar dié wat hulle hande voor hul oë gehou het wat nie verder die spanning van dié einstryd kon hanteer het nie.

Toe die skeidsregter Gavin Wessels sy fluitjie in sy mond sit om die einde van die Beeld-trofee eindstryd van makroskole tussen die Rhinos en die Garsie Bere aan te wys, het amper 9 000 ondersteuners, 700-leerders, oud-skoliere, ouers en mede-spanmaats die Nellie-manne toegesnou om hulle geluk te wens na hul eerste oorwinning in 39 jaar.
Boodskap van die kaptein Oscar Schuld
Die NHS Rhinos, gewone spelers met gewone talente wat in God se hande gevorm is, wil baie dankie sê aan die Nellie-gemeenskap wat die afgelope naweek Rhino-rugby ondersteun het. Dit was vir my as kaptein ‘n ongelooflike voorreg om op die veld te draf met die hele Laeveld se ondersteuning wat ons gedra het. Ons span se leuse vir die Beeld-trofee was dat almal sal sien hoe groot ons God is en Hy het dit moontlik gemaak met één enkele punt.
Ons is 26 gewone seuns met ‘n besonderse broederskap. Liefde en eenheid vir dié sport het vir almal gewys hoe groot óns God is. Mag Hy elkeen wat die boodskap lees, in oorvloed met Sy liefdevolle genade seën.
Boodskap van die afrigters
RHINO RUGBY Beeld trofee 2014… Dat almal sal sien hoe groot God is…Harde werk ,gebed ,geloof ongelooflike ondersteuning,Pumas,stress,voorbereiding,klok,beserings verbroue kanse wat als kan mens opnoem wat op so dag gebeur.
Eerstens wil ek net ongelooflik dankie vir God sê want God deel nie Sy eer nie,alle eer kom God toe en die afgelope naweek het Hy ‘n groep dood normale rugby seuns gebruik om vir ons as toeskouers te wys dat Hy die God van eenheid is ,dat Hy gebede aanhoor en dat Hy vreugde aan Sy mense sal verskaf op die dag wat Hy goed dink.
Tweedens baie dankie aan al die toeskouers leerders en Dr Swanepoel wat Saterdag hulle ondersteuning aan die Rhinos gebied het,dit was ongelooflik vir my en Chris Mans om dit te beleef,en deel te voel van ‘n gemeenskap wat sy eie kinders ondersteun.
Rhino rugby wil opreg die Pumas bedank vir die insette wat hulle die afgelope 2 jaar gelewer het ,en dankie dat ons aan julle deur kan klop en dat kennis van spelers en afrigters kant sommer net gedeel word.Dankie vir Saterdag se ondersteuning en dat julle ook aan die Gautengse publiek gewys het hoe ‘n Curriebeker span nederig ‘n skool kan ondersteun.
Aan die span wat saam met my gewerk het,Chris Mans ,DP en Joanita Badenhorst,Jacques Momberg en JC Roos wil ek dankie voor sê dat julle hande ligter maak .Van kondisionering ,skop afrigting ,hakkers afrig en tegniese beampte maak ons n hegte span saam met die seuns.Vir Chris wat al 23 jaar wag vir so oorwinning wil ek dankie sê vir jou ervaring en kalmte wat jy bring,jy is ‘n yster.
Aan my gesin en familie wil ek baie dankie voor sê,dit is voorwaar ‘n voorreg om saam met my Pa te deel in sy voetspore waar hy in 1973 die Administrateers beker met Delmas se 1ste span gewen het.
Aan die Rhinos ,dankie dat julle in my en Coach Chris geglo het en dankie dat julle broederskap in Jesus Christus gevestig is .Julle het mense aangeraak en God het elkeen van julle gebruik daarvoor.Wees altyd gereed om tot Sy diens te wees want ons weet nooit wanneer Hy ons nodig het nie.
ALMAL SAL SIEN HOE GROOT ONS GOD IS!!
Die Laeveld-gemeenskap wens NHS geluk
• Pieter du Plessis – Nellies! Julle het vandag iets reggekry wat baie trotse NHS-eerste spanne al vir jare lank voor werk en streef. In die 1970’s en 1980’s het ons gebars van trots om net in die eindstryd te kon wees. Al ons oud-Nellies staan stil en sê geluk en dankie dat julle NHS se naam hoog hou. Ons is ongelooflik trots op julle! Môre is nog ‘n dag en dan begin die pad na die volgende doelwit. Hou julle voete op die grond en bly reik na die volgende uitdaging.
• Johan du Preez – Nellies, geluk! Ongelooflik trots op julle en werklik ‘n voorreg om deel van julle te wees.
• Frikkie Herbst – Ek het vandag in die mooiste Kaap gesit en via “live streaming” gekyk hoe NHS geskiedenis maak. Baie geluk en ek hoop die vreugdevure brand hoog. Ek is ‘n oud-Nellie wat in 1983 gematrikuleer het en die palmtak hoog dra vanaand.
• Vanessa Roets – Dit was ‘n ongelooflike gevoel om daar te wees. Van die ouers tot die kinders was vol gees op die pawiljoene en natuurlik óns Rhinos. Dankie liewe Jesus.
• Ilze Schultz – Dit was ongelooflik. My laaste Beeld-trofee was toe ek in matriek was in 1989. Die gevoel om ‘n oud-Nellie te wees bly die beste. Julle rock!
• Heleen Steyl – Hoendervleissake en trane! Wat ‘n pragtige vertoning. Geluk aan elkeen wat ‘n inset gehad het! Ek is ‘n trotse oud-Nellie-ouer.
• Quintin Kellerman – Trotse oud-Nellie en oud-personeellid. Daar is nie ‘n beter skool in Suid-Afrika nie.
• Eugenie van Zyl – Baie geluk van hier uit Kanada uit!
