School sportSport

Vlammies se o/14’s kraai koning

Dit was die eerste keer ooit was dat spanne van dié skool in die liga se finale gespeel het.

Hoërskool Bergvlam het die afgelope naweek ‘n Beeld-trofee huis toe gebring. Twee van die skool se spanne het Saterdag aan die middelskole-finale by Hoërskool Alberton deelgeneem en die o/14’s was oorwinnaars. Jacques Kruger, Bergvlam se afrigter het verduidelik dat dit die eerste keer ooit was dat spanne van dié skool in die liga se finale gespeel het.

Die o/14’s het Hoërskool Kriel met 31-10 gewen om die trofee ‘n tuiste in Mbombela te gee. Kriel, teen wie Bergvlam vroeër die toernooi gewen het, het vroeg-vroeg in die wedstryd die voortou met ‘n drie geneem, maar dit was vir die grootste deel maar ‘n ewestryd wat in enige span se guns kon draai.

Teen rustyd was Bergvlam met 14-10 voor nadat hul opponente se blitsvinnige nommer-sewe-flank, Wessel van der Merwe ‘n totaal van twee drieë kon aanteken.

Albei van der Merwe se pogings het van los balle wat hy opgepik het, ontstaan. Die Vlammies het self daarin geslaag om in die eerste helfte twee te druk – losskakel Khabelo Theledi en buitesenter Ntsako Sibuyi het elkeen vyf punte aangeteken. Theledi is ook na die tyd as speler van die wedstryd aangewys, veral na hy byna agt duikslae kon ontwyk om sy drie te druk en hy vier van die vyf drieë kon verdoel.

Die skole het mekaar al in die kwarteindrondes gepak, waar Bergvlam oorwinnaars was. Kruger het vertel dat hulle deurgaans gestruktureerde fases probeer opstel het. Kriel het weer deurgaans die spel losser probeer maak, en net na halftyd die Vlammies verras met ‘n ander spelpatroon met meer diep skoppe.

Kruger kon egter met ‘n plaasvervanging weer struktuur aan sy span se spel gee. Twee vinnige opeenvolgende drieë teen die einde van die wedstryd het die saak in die guns van Bergvlam beklink, wat ‘n totaal van vyf drieë kon aanteken. Die spelers was die Vlammies se nommer-sewe-flank Dannilson Mkatshwa, heelagter Mcebo Mavuso en kaptein, Dylan Sjöblom.

In die hele toernooi kon hulle 168 punte aanteken en net 17 is teen die o/14-span aangeteken – toevallig almal deur Kriel. Die Vlammies se o/16-span het ongelukkig teen Hoërskool Roodepoort vasgeval en met 12-16 verloor.

Vir aksie foto’s, loer hier

https://nelspruitpost.co.za/176799/vlammies-se-o14s-konings/

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button