Laerskool Onnies kuier saam met Rob
Ongeveer 60 Laerskool onderwysers van regoor die Laeveld aan 'n gholfdag op Hoërskool Rob Ferreira se skoolgronde deelgeneem.

Die Mica Nelspruit/Rob Ferreira Laerskool Onderwysers Gholfdag is vir die eerste keer in die geskiedenis deur Rob Ferreira aangebied. Dit het geleentheid gegee aan al die laerskoolonderwysers om met mekaar en die Rob personeel te kuier. Hulle het deur die skool gestap en gholf gespeel. Die dag is afgesluit met ‘n prysuitdelingsfunksie waar elke speler vir hom ‘n prys kon kies om huis toe te neem. Hulle is ook verwelkom met ‘n geskenkpakkie, geborg deur Mica Nelspruit.
Dit was ‘n unieke geleentheid vir Laer- en Hoërskoolonderwysers om mekaar beter te leer ken. Die dag was so suksesvol dat daar reeds beplan word om dit ‘n jaarlikse instelling te maak.
Hoërskool Rob Ferreira wil graag dankie sê aan al die besoekende onnies en ook ‘n spesiale dankie aan al die borge wat die dag moontlik gemaak het.
