School sportSport

Bergies veg moedig teen sterker Nellies

Dié dogters mag dalk nog nie gesoute hokkiespelers wees nie, maar hulle weet hoe om 'n hokkiebal in die doelhok te kry.

Laerskool Bergland se o/10’s het verlede week op Laerskool Nelspruit se tuisvelde naelskraap met 0-1 verloor. Die tuisspan het reeds in die eerste helfte ‘n doel aangeteken en Bergies het hard teruggeveg om die telling gelyk te maak, maar Nellies se verdediging was rotsvas.

Die besoekers se eerste span het 1-0 gewen terwyl die o/11’s óók 0-1 verloor het en die o/12’s gelykop met 1-1 gespeel het. Bergland se seuns was op die ou einde nie so gelukkig nie en kon net een van hulle wedstryde wen. Die o/12’s het as wenners van die veld met 2-0 afgestap terwyl die o/11’s 1-3 verloor het en die eerstes ook met ‘n doel die knie moes buig.

Laerskool Nelspruit se kalender
Saterdag 30 Augustus
• Hokkiefeesdag by Penryn 
• Hokkie-tegniekontwikkeling (o/12 en o/13)

Laerskool Bergland
Vrydag 29 Augustus
• Hokkie-vaardigheidskamp by Uplands (o/12 en o/13).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button