School sportSport
Aspirante krieketspelers word geslyp
Laerskool Numbi se minikrieketdag het jong krieketspelers se spanwerk getoets en gehelp om hulle vaardighede te verbeter.
Jong krieketspelertjies van Lydenburg, Witrivier en Hazyview het op 16 Augustus by Laerskool Numbi aan ‘n minikrieketdag deelgeneem. Die deelnemers was almal van gr. R to gr. 2 en 23 spanne het in uur-lange wedstryde kragte gemeet.
Die doel van hierdie vriendskaplike westryde was om die kinders te leer om as ‘n span saam te werk en hul krieketvaardighede te verbeter. Elke speler is na hul wedstryd met ‘n ysie en ‘n kleurvolle sertifikaat beloon.
Die goeie gees tussen die verskeie skole, die hope lekker eet- en drinkgoed en die koel weer het alles bygedra tot ‘n suksesvolle dag op die sportveld.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
