School sportSport

Witrivier-skaakspelers maak al die regte skuiwe

Skaakspelers van Laerskool Witrivier het die afgelope naweek aan die Ehlanzeni AGE-toernooi in Nelspruit deelgeneem.

Ses slimkoppies van Laerskool Witrivier het die afgelope naweek aan die Ehlanzeni AGE-toernooi wat in Curro College se saal plaasgevind het, deelgeneem.

Martiens le Roux het die beste in sy skool gevaar en tweede in die o/12-kategorie gekom.

Christiaan van der Watt, Johan Odendaal, Juandré Geringer, Marleen Bezuidenhout en Yolande Venter het in die o/14-kategorie gespeel. Christiaan het agtste uit 27 spelers geëindig. Johan, Juandré, Marleen en Yolande het onderskeidelik in die 12de, 16de, 32ste en 25ste plek gekom.

Altesaam 112 skaakspelers het reeds om 07:30 vir die eerste van vyf rondes op hulle stoele gesit om weg te spring.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button