School sportSport

Hokkiespelers toon groot vaardigheid op die veld

Laerskool Witrivier het verlede Saterdag 'n hokkiefeesdag gehou waar 10- tot 13-jarige hokkiespelers hul vernuf kon toets.

Die sportveld van Laerskool Witrivier het tydens verlede Saterdag se hokkie-feesdag van ywerige spelers gewemel.

Vyf Laeveldse skole het kragte gemeet om te sien hoe hul 10- tot 13-jarige hokkiespelers vaar, en hoe hul vaardighede verbeter kan word.

Ouers het langs die veld die deelnemers aangemoedig, foto’s geneem en aan heerlike worsbroodjies en ander lekkernye gesmul. Wagtende spelers het met groot ywer vir mekaar balle geslaan en blokke geoefen.

Leerlinge van Laerskool Witrivier het hul skool trots verteenwoordig en hul beste voet voorgesit as gashere vir laerskole Lydenburg, Numbi, en Laeveld, sowel as Komatipoort Akademie.

Die goeie sportmangees tussen die spelers was baie duidelik sigbaar beide op die veld en na die wedstryde.

Die goeie spel het dit duidelik gemaak dat toeskouers by elke wedstryd van gehalte hokkie verseker kon wees, en dat daar ‘n blink toekoms vir Suid-Afrikaanse hokkie voorlê.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button