Jongspan gee hul beste op die krieket- en hokkieveld
Die groentjie hokkie- en krieketspelers van Laerskool Nelspruit het hul minisportdag Vrydag geesdriftig afgeskop.

Die leerlinge van gr. 1 tot -3 het om 14:00 met die eerste wedstryd begin. By die geleentheid word daar geen wenner aangekondig nie aangesien die spelers se talente ontwikkel word.
“Dit was ‘n groot sukses en die kinders het die werklike waarde en betekenis van sportdeelname geleer – om vriende te maak en saam te kan speel,” het die skakel- en bemarkingsbeampte van Laerskool Nelspruit, mnr. Johan Orton gesê.
Die skool sien met groot verwagting na die volgende generasie krieket- en hokkiesterre uit, want hier is heelwat talent!
Loer na jou kind se foto’s hier:
https://nelspruitpost.co.za/179244/kinders-geniet-sportdag-ten-spyte-van-uitmergelende-hitte/
