School sportSport

Jaarlikse kaskar skep weer goeie gees onder Robbies

Die gr. 8- tot gr.11-leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira het dit vreeslik geniet om te sien wie die beste kaskar het, die vinnigste is en die meeste uithouvermoë het.

Ondanks die hitte van die vroeë somer het daar goeie gees onder die leerlinge van Hoërskool Rob Ferreira tydens hul jaarlikse kaskarwedrenne geheers. Die skool het Vrydag op die rugbyveld vir hierdie jaarlikse fondsinsamelingsprojek bymekaargekom en met groot opgewondenheid atletiekliedjies gesing.

Elke klas het deelgeneem en leerlinge het hul bene lam gehardloop om aan die einde van die dag met ‘n trofee weg te kon stap. Die klasse moes elk hul eie kaskar voorsien en daar het 25 interessante voertuie op die rugbyveld aangekom.

Spanne het volgens ‘n tema aangetrek, soos Mickey en Minnie Muis, of het mekaar met poeierverf besmeer om spangees te bou.

Daar is gekyk watter span die meeste rondes binne ‘n sekere tyd kon voltooi.

Spanlede het mekaar gereeld afgelos om te verhoed dat die vinnigste deelnemers te gou moeg raak. Selfs voogonderwysers was een of ander tyd deur die dag agter die stuur of aan die hardloop om hul klas te help wen.

Die geleentheid is deur mnr. Piet van Tonder, die adjunkhoof, gereël en hy het hard gewerk om die dag ‘n sukses te maak.

Aan die einde van die kompetisie is die vinnigstes en flukstes vir hul harde werk beloon en twee trofees is aan die twee klasse, gr. 9.3 (junior wenners) en gr. 10.1 (senior wenners) oorhandig.

Kyk na meer foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button