School sportSport

Plaaslike skole staan nie terug in provinsie

Die hokkiewedstryde is Vrydag en Saterdag op Laerskool Witrivier, Penryn College en Uplands se velde bepaal.

Mpumalanga se top-12 laerskoolhokkiespanne het dit oor die naweek onder mekaar uitgespook om te wys wie die beste in die provinsie is.

Die uitslae is Vrydag en Saterdag op Laerskool Witrivier, Penryn College en Uplands se velde bepaal. Vrydag is daar onder mekaar uitgespeel, en die bestes het na Saterdag se wedstryde deurgedring. Ongelukkig was dit ‘n sopnat geleentheid en reënerig, maar die leerders is deur niks gestuit nie.

Laerskool Nelspruit se spanne het groot welslae behaal. Die skool se o/12-seuns is as naaswenners bekroon. Die dogters o/13 is algeheel derde in Mpumalanga en die o/11-dogters het algeheel vierde in die provinsie geëindig.

Uplands se o/11 seuns het op hul beurt algeheel derde geëindig. Die span het teen 0-0 teen Kragbron gelykop gespeel,  Kruinpark met 1-0 gewen,  Middelburg Primary met 2-0 gewen en teen Middelburg Laerskool verloor met een doel teenoor nul.

Sien meer foto’s hier.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button