Bergland se swemmers geniet ‘n heerlike dag in swembad
Die swemmers van Laerskool Bergland het verlede week hul jaarlikse swemgala by St Peter's gehou.

Alhoewel dit nie die perfekte swemdag was nie, het die Bergies dit vreeslik geniet.
Pieter Riekert (junior seun) het die trofee vir die beste prestasie van die dag verower vir die tyd van 32:01 in die 25 meter-borsslag vir seuns sewe jaar. Pieter Brand (seuns o/10) het die beste prestasie in ‘n individuele item vir senior seuns in die 50-meter borsslag losgewem. Hy het met ‘n tyd van 01:00:01 die item voltooi.
Theola McDonald het vir die 100 meter-individuelewisselslag vir dogters sewe tot nege jaar met ‘n tyd van 02:01:11 die beste prestasie vir junior dogters verower. Wilmien van der Merwe het vir die 50 meter-vryslag vir dogters 10 jaar met ‘n tyd van 40:19 sekondes die item voltooi en met die beste prestasie vir senior dogter weggeloop.
McDonald het in haar ouderdomsgroep 421 punte bygevoeg – dit is die grootste telling van die dag.
Junior victor ludorum – Dian de Klerk
Junior victrix ludorum – Nina Venter
Senior victor ludorum – Kimhan Kleinscheldt
Senior victric ludorum – Eloise van Tonder.
Loer na die foto’s
https://nelspruitpost.co.za/180868/bergies-kruip-uit-hul-gate-en-neem-aan-swemgala-deel/
