Swemmers baklei vir beter tye – voor die ink droog is op verlede seisoen se toekennings
"Dit beloon hulle vir die ontelbare ure wat hulle in die water deurbring en die kilometers wat hulle aflê."

Gedurende die Age Group 1-gala Saterdag by Van Riebeeckpark-swembad, het jong swemmers hard gewerk om hul keurtye wat op die SA Swem se databasis vasgelê word te verbeter. Dit was egter net weer ‘n bewys dat daar nooit rus vir ‘n swemmer is nie.
Die vorige seisoen se toekennings is nog nie eens geraam nie en hulle is klaar weer hard aan die werk dié seisoen. Mpumalanga Swem het juis onlangs hul jaarlikse prysuitdeling vir die 2013/14-seisoen by die Protea Hotel, The Winkler gehad.

Die gasspreker was Karin Prinsloo, die Olimpiese swemmer wat tans as die vinnigste vrouedeelnemer in die land beskou word.
Sy het haar suksesverhaal met die gaste gedeel.
Die rug- en vryslagswemmer het ook ‘n spesiale oefensessie aan die provinsie se bestes gebied. “Vir enige swemmer is dit ‘n groot eer om by so ‘n geleentheid ‘n toekenning te ontvang.
“Dit beloon hulle vir die ontelbare ure wat hulle in die water deurbring en die kilometers wat hulle aflê,” het Mechelle Steyn van Mpumalanga Swem gesê.
Pryswenners vir die 2013/14-seisoen:
• Gestremde swemmer: Raymond de Freitas
• Grootste verbetering: Bianke Lottering en Liam Briggs
• Opkomende sterre by Uniswim: Eben Obermeyer en Tebogo Maepa
Fins: Diaan de Klerk en Lizea Oosthuizen
Guppy: Ryan Cogill en Zane van Zijl
• Topmeesterswemmer: Pierette Labuschagne
• Junior dogter: Jordyn Minifie
• Junior seun: Giano Dos Santos
• Senior dogter: Elsabé Rautenbach
• Senior seun: Milan van Veenhuyzen
• Beste individuele prestasies: Lize-Mari Drummond en Chad Hawley.











