Ruiters sluit seisoen op hoë noot af
Die seisoen loop met die nasionale skolebyeekoms op 'n einde en die ruiters wou hul afrigters en ouers vir hul ondersteuning bedank.

Nottinghill-ruiterkunssentrum se jong perderuiters het tydens verlede naweek se nasionale skolebyeekoms uitstekend gevaar. Die seisoen het met die vertoning by Misty Meadows naby Pretoria ook ten einde geloop en die ruiters wou hul afrigters en ouers vir hul ondersteuning bedank.
Nadia Breytenbach van Penryn Prep het op The Capitalist nie net ‘n skoon ronde in 1,3m gespring nie, maar ook ‘n eerste plek in ruiterkuns behaal. “Dis ‘n baie groot prestasie,” het haar afrigter Kraai Kamffer du Preez gesê. Sy was net een van vyf van dié ruiterskool se leerlinge wat by dié vertonings uitgeblink het.
Erin Kenyon, ook in gr. 11 by Penryn Prep wat ook deur Kamffer du Preez afgerig word, het op haar El Coiffeur ‘n vierde plek behaal in die 1,1m hoogte.
Robin Manktelow, ‘n gr. 8-leerder by Curro Nelspruit het saam met Validation ‘n vierde plek behaal uit meer as 60 deelnemers op ‘n hoogte van 90cm.
Haar ma, Stephanie het vertel dis wonderlik daar dié skool die sport baie blootstelling gee. “Sy het die laaste twee jaar wat sy by Nottinghill spring, baie vinnig van die 50cm hoogte verbeter.”
Haar afrgiter, Hennie Groenewald se ander leerling, Marie du Toit, ‘n gr. 8-leerling van Hoërskool Nelspruit, het ‘n 11de en 18de plek behaal op haar perd Le Love. Haar ma, Annie, het vertel dat aangesien die eerste 20 plekke se tye so na aan mekaar is, hulle baie tevrede was met Marie se eerste deelname aan die kampioenskappe.
Heleen Engelbrecht wat in gr. 11 by Hoërskool Nelspruit is, het onder afrigting van Wilco Kamffer tweede en sesde plekke in haar hoof-deelname item Elementêre Dresseering gekry en ‘n 10de plek in prestasie ry behaal op haar perd Calela Fakkel. Sy ry al perdy vandat sy vyf jaar oud is.
Manktelow het gesê die afrigters se toewyding aan die ruiters was deurslaggewend. “‘n Ruiter se sukses hang af van ‘n kombinasie van afrigting, die perd se vermoë, vernuf en sy ondersteuningstelsel.” Kamffer du Preez sê hulle is almal baie trots op al die ruiters wat hulle afrig.
Sien meer foto’s van die ruiters hier.
