Nellies se droomspan dring deur na finaal
Laerskool Nelspruit se Crown National eerste-krieketspan het gister met Laerskool Goedehoop van Secunda in die Mpumalanga Superliga-halfeindronde afgereken.

Nellies het die loot gewen en besluit om 1ste te kolf. Nellies het ‘n astronomiese 303/4 in hul toegelate 30 beurte aangeteken. Hulle het Goedehoop vir 120 lopies uitgehaal.
Nellies wen dus met 183 lopies en speel volgende week Donderdag, 30 Oktober in die Mpumalanga finaal by Laerskool Nelspruit.
Kyk hier vir meer fotos:
Cricketers have all eyes on the crown
• Jacques Vosloo 120 van 61 balle was die speller van die wedstryd
• John-helm Brink van Nellies het 4paaltjie geneem/6lopies afgestaan in 5 beurte! Beste Bouler
Die spannetjie het sedert o/9 nog net drie wedstryde verloor, waarvan hulle die Mpumalanga-liga al drie keer gewen het. Dis ‘n baie spesiale groep seuns.
Almal is volgende jaar by Hoërskool Nelspruit ingeskryf waar hulle deel van NHS se krieket-akademie gaan wees.
Die name van die spanlede kan julle maar neerskryf – hulle gaan nog groot hoogtes bereik.
