School sportSport

Sportiewe Vlammies vereer

Hoërskool Bergvlam se sportsterre is onlangs tydens die skool se jaarlikse merieteaand vereer.

Maudas Banda was die sportman van die jaar nadat hy goud in verspring by die nasionale kampioenskappe gewen het, deelgeneem het aan die Afrika-kampioenskappe en vir die junior Afrika-kampioenskappe wat eersdaags plaasvind gekwalifiseer het.

Miranda de Jager.
Miranda de Jager.

Sunet van Tonder is aangewys as die sportdogter van die jaar. Sy was die wenner van internasionale kompetisies in krygskunde en was die beste student.

Die skool se o/14-rugbyspan is ook as span van die jaar aangewys. Hulle was Noordvaal-ligawenners, provinsiale wenners, streekswenners en Bosveld-ligawenners.

Dylan Sjöblom.
Dylan Sjöblom.

Die o/16-rugbyspan het ook ‘n ereskild in ontvangs geneem na hulle Noordvaal-naaswenners, provinsiale ligawenners en streeksligawenners was. Miranda de Jager het ook ‘n ereskild ontvang vir nasionale kleure in jukskei.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button