School sportSport

Rekords spat by interhuisgala

'n Hele paar rekords is tydens Laerskool Witrivier se interhuisswemgala verbeter en die swemsterre is nou oppad na die SA's.

Nuwe sterre is gebore toe verskeie rekords tydens Laerskool Witrivier se jaarlikse interhuis-swembyeenkoms gespat het. Leerlinge swem vir individuele punte en die een met die meeste, ontvang die victrix of victor ludorum-trofee.

Magdeleen Terblanche het tydens die meisies o/10 se 50m vlinderslag eerste ‘n rekord gebreek. Sy het die voormalige rekord van 41:28 na 40:80 verbeter.

Franco Labuschagne het drie rekords gebreek. Die eerste was tydens die seunsope 50m borsslag. Hier het hy ‘n rekord van E. Mare, wat al vir langer as 20 jaar gestaan het, gebreek. Sy tyd was 37:98 teenoor Mare se 38:88. Sy tweede rekord was tydens die seunsope 50m vryslag waar hy ‘n tyd van 29:44 behaal het, teenoor die vorige beste van 29:80. Die laaste rekord wat hy vir die dag opgestel het was die seunsope 25m Dash for Cash. Franco het in 2013 ‘n rekord van 15:28 opgestel en hierdie jaar dit met 1:42 tot 13:86 verbeter.

Weens hul uitsonderlike prestasies is beide Terblanche en Labuschagne by die Mpumalanga-span ingesluit en gaan hulle eersdaags by die Suid-Afrikaanse Swemkampioenskappe deelneem. Dié twee is ook as die senior victrix en victor ludorum aangewys. Die junior victrix ludorum was Annabele Victor en die victor ludorum was Terblanche de Kock.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button