Beste atlete word beloon
Cherise van Duyker en Heini Pieters is Laerskool Nelspruit se sportkersies op die koek: hulle is as sportdogter- en seun vir 2014 gekroon.

Die skool het menige kere vanjaar die koerant se opskrifte gehaal met hul uitstekende prestasies op die sportveld: die seuns ope-A-span is tweede in Mpumalanga vir laerskole tennis; die o/10-A-krieketspan is as Mpumalanga se wenners gekroon en die skool het ook die topskole-swemreeks gewen.
Nellies het onlangs hul jaarlikse toekenningsaand gehad waar ‘n hele paar atlete uitgeblink het.
Atletiek
• Senior seunsatleet van die jaar – Jacques Marais
• Senior dogtersatleet van die jaar – Anjé Nel
Netbal
• Netbalspeler van die jaar – Megan Silver
Rugby
• Rugbyspeler van die jaar – Chyle van Zyl
Landloop
• Senior landloopseun van die jaar – Drikus Greeff
• Senior landloopdogter van die jaar – Angelique Nel
Skaak
• Senior skaakspeler van die jaar – Johan Visser
Swem
• Senior seunswemmer van die jaar – Jetro Piso
• Senior dogterswemmer van die jaar – Skye Munro
Tennis
• Dogtertennisspeler van die jaar – Michelle Boshoff
• Seunstennisspeler van die jaar – Jacques Vosloo
Hokkie
• Seunshokkiespeler van die jaar – Heini Pieters
• Dogterhokkiespeler van die jaar – Cherise van Duyker.
Krieket
• Krieketspeler van die jaar – Jacques Vosloo.


