School sportSport

‘n Goeie wegspring vir die 2015 atletiekseisoen

Hoërskool Rob Ferreira en Laerskool Witrivier se interhuisspanne het verlede week tydens hul onderskeie interhuis-atletiekbyeenkomste gekyk wie die skool se beste atlete is.

Verlede week het Hoërskool Rob Ferreira behoorlik gewemel van jong atlete tydens twee interhuis-atletiekbyeenkomste.

Hoërskool Rob Ferreira se Warriors en Gladiators het Donderdag hul stemme laat hoor in ‘n poging om die sangbeker in te palm.

Atlete het met sambrele, hoede en sonbrandroom die Laeveldse son probeer uitoorlê, terwyl die toeskouers baie dankbaar vir die pawiljoen se koelte en snoepie se koeldrank was.

Dié atletiekbyeenkoms word jaarliks net na skoolvakansie as uitdunne vir die skoolspan gehou en dien as goeie oefening vir atlete.

Die meeste van die leerlinge het aan hoogspring, verspring, diskus, spiesgooi en baanitems soos 1 200-meter en 150-meter hekkies deelgeneem.

Aan die einde is die sang- en atletiekbeker aan die wenspanne oorhandig. Die Warriors het die luidste stemme en beste samewerking gehad, terwyl die Gladiators se atlete die beste gevaar het en daarmee die atletiekbeker ingepalm het.

Van die skool se topatlete het reeds Saterdag aan ‘n prestigeatletiekbyeenkoms in Secunda deelgeneem en uitstekend gevaar.

Die skool se atletiekspan en ondersteuners is nou hard aan die oefen en vang gees vir Interhoër 2015 wat op 21 Februarie by Hoërskool Nelspruit plaasvind.

Hierdie reusegeleentheid is ‘n hoogtepunt op die atletiekkalender en skole se ongelooflike spanwerk, interessante liedjies en verbeeldingryke uitrustings op die pawiljoene is iets wat Laevelders nie

moet misloop nie.

Laerskool Witrivier se Koedoes en Njalas het Vrydag teen mekaar deelgeneem en atlete is geesdriftig vanaf die pawiljoen aangemoedig om vinniger te hardloop en verder en hoër te spring.

Daar het ongeveer 400 atlete deelgeneem en ‘n hele paar rekords het op die dag gespat.

Die toppresterende atlete van die dag was:

Junior victor ludorum: Anton de Beer (1 095 punte)

Junior victrix ludorum: Danielle Leach (1 659 punte)

Senior victor ludorum: Pieter Burger (3 068 punte)

Senior victrix ludorum: Liane Devenish (2 389 punte).

Die o/13’s het veral onderwysers met hul deelname in al die aktiwiteite beïndruk en hulle het ander atlete ook aangemoedig om hul bes te doen.

Die pawiljoen het gedreun van atletiekkrete soos die Koedoes en Njalas gekyk het wie die hardste hul atlete kan aanmoedig. Die warm son het ook gesorg dat atlete kort-kort koelte onder tente moes gaan soek.

Leerlinge het nou minder as ‘n maand tyd om vir die interlaer wat op Vrydag 20 Februarie op Hoërskool Bergvlam se velde plaasvind, te oefen.

Kyk hier na foto’s van Laerskool Witrivier se byeenkoms en hier na Hoërskool Rob Ferreira s’n.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button