School sportSport

Rekords spat in alle rigtings by interhuis

Hoewel die Arende die afgelope naweek tydens Laerskool Nelspruit se atletiekbyeenkoms hul kloue in hul teëstanders kon inslaan, was die Mambas kort op hul hakke.

Hoewel die Arende die afgelope naweek tydens Laerskool Nelspruit se atletiekbyeenkoms hul kloue in hul teëstanders kon inslaan, was die Mambas kort op hul hakke. Die Buffels het die sangkompetisie loshande gewen. En bo en behalwe die gees wat hoog geloop het onder ondersteuners, het die atlete 18 nuwe skoolrekords om mee te spog.

Shanese de Clerck, dogters o/10, is as die beste veldatleet vir die dag aangewys, en het drie nuwe rekords opgestel. Sy het ook met die titel as senior victrix ludorum weggestap en het die meeste punte op die Absa-tabel vir dogters behaal.

Jovan Krause, seuns o/11 het die bestaande rekords in beide verspring en 70-meterhekkies gebreek. Hy is ook as beste hekkiesatleet, beste middelafstand- atleet en senior victor ludorum bekroon en kon die meeste punte op die Absa-tabel vir seuns bereik.

Arili Boshoff, dogters o/10 is as die beste senior naelloper vir die dag aangewys met haar rekordlopie in die 100-meter in 14,67 sekondes. Die o/9, 60-meteratleet, Andeli Krause is as beste junior naelloper, asook junior victrix ludorum aangewys.

Neil van Aardt, ook o/9, is as die beste junior naelloper aangewys. Sy 60-meter in ‘n tyd van 09,05 sekondes het ook vir hom ‘n plek in die rekordboeke behaal. Hy is ook as junior victor ludorum aangewys.

Anje Nel se ratsheid het vir haar die titel van beste 70-meterhekkiesatleet losgeslaan na sy die wedloop in ‘n tyd van 12,22 sekondes gewen het. Sy het ook ‘n nuwe rekord in hoogspring opgestel.

Angelique Nel is as beste middelafstandatleet aangewys. Ander rekordbrekers was Larise Combrink met drie asook Nathan Duncan, Anja Venter, Shana Scott, Cathleen van Zyl en Nicci Viljoen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button