School sportSport

Dogters gee die toon aan op die tennisbaan

Laerskool Nelspruit se ope A- en B-tennisspanne het onlangs onderskeidelik teen Penryn en Uplands te staan gekom.

Laerskool Nelspruit se ope A- en B-tennisspanne het onlangs onderskeidelik teen Penryn en Uplands te staan gekom. In die dogters enkel- A-spanne het Michelle Boshoff, Arili Boshoff, Zoë Bergmann en Mia Gunter skoonskip teen hulle Penryn-teëstanders gemaak.

In die dubbels-afdeling, het Michelle en Arili weereens uitgeblink en met 8-0. Mia en Zoë het ook hulle teëstanders met agt punte gewen. Hulle het alle hulle wedstryde teen Penryn oortuigend gewen met ‘n telling van 46 teenoor drie.

Die seuns kon egter nie die wa deur die drif trek nie, en het met ‘n eindtelling van 28-21 verloor.

In die ope B-spanne het die dogters wéér Nellies se naam hooggehou, dié keer teen Uplands toe hulle in slegs een wedstryd gelykop gespeel, en in die res met die louere weggestap het. Lani Swart, Deleney Hattingh, Izet van Rooyen en Lize Oosthuizen het elk ‘n oorwinning in die sak gesteek, en ook in die dubbels-afdeling gesorg dat Nellies heel bo eindig met 35 teenoor 14.

Die seuns het erg klei getrap teen die spelers van Uplands. Hulle het ‘n nederlaag gely nadat hulle nie ‘n enkele wedstryd kon wen in die enkels of dubbels nie. Uplands het hier oortuigend met 42 teenoor sewe gewen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button