So gemaklik soos Robbies in die water
Ses Robbies het hierdie jaar die Midmar Myl aangedurf en het die skool trots gemaak met hul goeie uitslae.
Hoërskool Rob Ferreira is trots op die prestasie van ses van hul swemmers tydens hierdie jaar se Midmar Myl-kompetisie, wat op 8 Februarie plaasgevind het. Een van hulle het veral uitgeblink.
Ronin Melman (16) het die 1,6 kilometer (of een myl) met ‘n indrukwekkende 23 minute en 42 sekondes gedomineer en ‘n algehele 141ste plek in die ouderdomsgroep 14 tot 30 jaar, waarin 1 163 swemmers deelgeneem het, behaal.
Meer as 8 000 het aan dié jaar se gesogde geleentheid deelgeneem. Ronin het ook sy persoonlike tyd met twee minute verbeter.
“Ronin se prestasie is eenvoudig fantasties,” sê Rob se swemorganiseerder, Francois McGill. “Sowaar ongelooflik.”
Die ander vyf Robbies het ook spoggerige resultate gelewer.
Samantha Hey: 36 minute 14 sekondes
Franzel Theron: 46:40
Brett Hey: 41:14
Renier Pienaar en Byron Venter het dieselfde tyd met 44:18 opgelewer.

