FeaturesInterhigh 2016: NewsInterhigh newsLifestyleSchool sportSport

Leerders is vuur en vlam vir hul skool

Hoërskool Bergvlam het Saterdag weer die Absa-geesbeker by die jaarlikse interhoër gewen.

Hoërskool Bergvlam se leerders het kennelik die beste gees in die Laeveld. Die skool het Saterdag weer die Absa-geesbeker gewen.

Die atlete het met tye die ander skole opdraande gegee en algeheel vierde in die atletiek geëindig. Temilton Njabula was die toppresteerder. Hy het 1 006 op die Absa-punteleer met sy sprong van 5,72 meter in seuns o/14-verspring behaal.

Die skoolhoof, Annemarié Kleynhans het gesê die dag was voorwaar ‘n prestige-geleentheid.

“Welgedaan aan Hoȅrskool Nelspruit vir die aanbied van hierdie jaar se byeenkoms.  ‘n Mens het telkens groot waardering vir die gasheerskool omdat elke skool maar terdeȅ besef hoeveel intensiewe beplanning en weke lange voorbereiding, harde werk en afronding daar in só ‘n dag opgesluit lê.

“Vir baie atlete het dit nie slegs oor die wenmotief gegaan nie.  Groot vreugde is ervaar vir die bereiking van ‘n doelwit:  ‘n beste tyd / afstand dié seisoen, of die wen van ‘n jarelange opponent.  Hierdie byeenkoms span die kroon op ‘n seisoen se intensiewe, gemotiveerde oefening!

“Te midde van die verswelgende hitte het die geesspanne volhard met hul sang en bewegings!  Die unieke samenstelling en karakter van elke skool het van elkeen ‘n wenner gemaak! Die beoordelaars moes verseker ‘n uiters moeilike taak gehad het.

“Elke afrigter, geesspankoȍrdineerder, beampte en ondersteunende ouer het ‘n belangrike rol gespeel in die suksesse van al die leerders. Die oorgrote meerderheid kon gewis aan die einde van die byeenkoms met genoegdoening terugkyk op hul prestasies van die dag.”

  • Sien meer foto’s hier

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button