School sportSport

Witrivier se hoogspringers gee die pas aan

Die skool se langasems het ook goed gevaar by die jaarlikse interlaer.

Die jaarlikse interlaer was weer alles wat van dié aansienlike atletiekbyeenkoms verwag word. Dis Vrydag by Hoërskool Bergvlam se velde deur Nelspruit Primary aangebied. Buiten Laerskool Witrivier het Barberton, Laeveld, Lydenburg, Bergland, Laerskool Nelspruit en Nelspruit Primary ook aan die vriendskaplike byeenkoms deelgeneem.

En hoewel die beste singspan nie aangewys is nie, het elke skool hulself oortref om hul atlete te ondersteun en te wys watter gees in hul steek. Primary is wyd geloof vir die manier waarop hulle die dag aangebied het. Elke deelnemer, ondersteuner, ouer en onderwyser het ook wonderlike gees getoon om van die byeenkoms ‘n sukses te maak.

Sportmangees was voorwaar op dié dag die wenner. Witrivier se Markus Klopper was die skool se beste atleet van die dag, nadat hy ‘n hoogte van 1,53 meter gespring het in die seuns o/13 hoogspring. Kayla de Villiers was ‘n kortkoppie agter hom op die Absa-punteleer nadat sy 1,26 meter gespring het in die hoogspring vir dogters o/11.

  • Sien meer foto’s hier

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button