School sportSport

NHS maak gereed om Tuks-reeks aan te durf

Die afgelope naweek was hulle in vriendskaplike wedstryde met Waterkloof gewikkel en oudergewoonte was hierdie jaarlikse deel van beide skole se seisoensvoorbereiding 'n hoogtepunt.

Hoërskool Nelspruit (NHS) se voorbereiding vir die Tuks-reeks wat eersdaag afskop, is in volle swang. Die afgelope naweek was hulle in vriendskaplike wedstryde met Waterkloof gewikkel en oudergewoonte was hierdie jaarlikse deel van beide skole se seisoensvoorbereiding ‘n hoogtepunt.

Met Waterkloof wat nie meer aan ligas deelneem nie maar net derby-dae speel, blyk dit dat hierdie voorseisoense opwarmingswedstryde wat die twee skole die kans gun om hul spanne uit te sorteer, hier is om te bly.

Die besoekers het al Vrydag gearriveer om hokkie- en netbalwedstryde te speel. Die afrigters het verduidelik dat hulle nie eens regtig telling gehou het nie, maar eerder die geleentheid gebruik het om hul spelkombinasies uit te pluis.

Die atletiekseisoen het immers vir talle leerders eers verlede week ten einde geloop en sodoende die begin van hul wintersportseisoen ingelui. Die een afrigter het verduidelik dat sommige van die leerders so onlangs nog as twee dae voor die Klofies se toer eers proewe kon speel om vir die spanne in aanmerking te kom.

Gereelde plaasvervangings tydens die wedstryde kon afrigters se spankeuses darem bietjie vergemaklik. Dit was veral duidelik in die eerste rugbyspan se wedstryd.

Hoewel NHS nog skaafwerk nodig het om hul kombinasies te finaliseer, het hulle tydens die wedstryd soms goed gelyk. Die lynstane is egter nie een die positiewe fasette nie, maar hopelik sou die proefneming die afrigters ‘n beter idee gee van watter kombinasies werk.

Die span was ook ongedissiplineerd. Halfpad deur die eerste helfte het NHS al sewe strafskoppe afgestaan, teenoor die volle nul van Waterkloof.

Die Nellies reis vandag na Vereeniging vir die aanslag op Vereeniging Gimnasium in die Tuks-reeks.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button