School sportSport

Robbie-atlete vaar puik by SA’s

Topatlete van Hoërskool Rob Ferreira het onlangs puik presteer tydens die SA Kampioenskappe in Rustenburg.

Danel Bieldt het ‘n silwermedalje vir spiesgooi dogters o/19 verwerf en Edward Shabangu het sesde in spiesgooi vir seuns o/19 geëindig.

Lente Pieterse het vierde in die 100 meter vir dogters o/19 en negende in 400 meter gekom. Sy het ook ‘n goue medalje vir die 400-meteraflos en ‘n vyfde plek in die 100-meteraflos verwerf.

Angela Carbone het ‘n silwermedalje in die 100-meteraflos gewen en ‘n 10de plek in verspring behaal. Lusanda Mbatsane was 10de in driesprong en Nathan Jones het ‘n 15de plek in 110-meterhekkies behaal.

Die atlete het almal as deel van die Mpumalanga-atletiekspan deelgeneem en is deur mnr. Stefan van der Merwe, die naellope- en hekkiesafrigter, vergesel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button