Kannetjies verfyn hul speltegniek tydens suksesvolle rugbyweek
Met talentvolle spelers van 23 spanne wat tydens die J&M Sekuriteit Laerskool Witrivier Rugbyweek op die veld uitgedraf het, kon rugbyliefhebbers 'n goeie blik op toekomstige Springbokspelers kry.
Veertien skole van regoor die Laeveld, soos Laerskool Nelspruit en Bergland, asook Gauteng skole soos Lynnwood en Wonderboom, het altesaam 65 wedstryde tydens die eerste week van die vakansie gespeel.
Laerskool Witrivier se eerste span het die toernooi op ‘n hoogtepunt afgeskop deur Laerskool Baanbreker met 17-10 te klop. Die ander spanne moes klippe kou tydens hul wedstryde, maar het heelwat uit die stryd geleer. Spelers en onderwysers het die kans geniet om ander speel- en afrigtingstyle te sien en ouers het hul kinders goed ondersteun.
‘n Optrede deur sanger Izak Davel, geborg deur een van die gasheerskool se ouers, het gesorg dat die spelers kon ontspan en heelwat van hierdie kannetjies het saam met die sanger op die verhoog gaan dans. Die fondse wat ingesamel is met ingangsfooie vir die optrede gaan gebruik word om toekomstige rugbyuitgawes te dek.
Dit sluit die opgradering van toerusting en bystand vir behoeftige spelers, soos byvoorbeeld toergeld of die aankoop van toerusting, in.
Sien meer foto’s van die rugbyweek hier en van Izak Davel se optrede hier.
