School sportSport

Robbies-atlete skitter by kampioenskappe

Die 2014/15-atletiekseisoen was een van Hoërskool Rob Ferreira se bestes, vertel atletiekorganiseerder, Stefan van der Merwe. Agt van die skool se atlete het tydens die skoolvakansie aan nasionale atletiekkampioenskappe deelgeneem.

Tydens die jaarlikse SA Skole-atletiekkampioenskappe in Rustenburg het Lente Pieterse goud in die 4×400-meteraflos vir dogters o/19 gekry, Danél Bieldt het ‘n tweede plek behaal vir spiesgooi dogters o/19 en Angela Carbone het ‘n brons- medalje vir dogters o/17 4×100-meteraflos.

Daarna het vyf atlete aan die Atletiek Suid-Afrika-kampioenskappe in Bloemfontein deelgeneem, met slegs Lente en Kwandu Nhlabathi wat medaljes kon inpalm. Lente het ‘n derde plek en Kwandu ‘n tweede plek in die aflos behaal.

Die volledige uitslae is soos volg:

Rustenburg

• Lente Pieterse (o/19) – goud (4×400-meteraflos), vierde (100 meter), vyfde (4×100-meteraflos), negende (400 meter)

• Danél Bieldt (o/19) – silwer (spiesgooi)

• Angela Carbone (o/17) – brons (4×400-meteraflos), 10de (verspring)

• Edward Shabangu (o/19) – sesde (verspring), 10de (driesprong)

• Innocentia Nkwashu (o/17) – 10de (driesprong)

• Nathan Jones (o/19) – 12de (110-meterhekkies)

• Lusanda Mbatsane (o/15) – 15de (driesprong).

Bloemfontein

• Kwandu Nhlabathi (o/17) – tweede (4×100-meteraflos), 14de (200-meter)

• Lente Pieterse (o/19) – derde (4×400-meteraflos), 11de (400-meter), 11de (400-meterhekkies)

• Danél Bieldt (o/19) – sesde (spiesgooi)

• Innocentia Nkwashu (o/17) – 10de (driesprong)

• Nathan Jones (o/19) – 11de (100-meterhekkies).

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button