School sportSport

Nuwe skeidsregters gereed vir krieketseisoen

Met die krieketseisoen om die draai, het die Laeveld onlangs 12 pasgekwalifiseerde vlak 1-krieketskeidsregters verwelkom.

Met die krieketseisoen om die draai, het die Laeveld onlangs 12 pasgekwalifiseerde vlak 1-krieketskeidsregters verwelkom.

Met Johan Cornelius, opleidingsbeampte van die Umpire Association aan die stuur van sake, het 14 krieketentoesiaste onlangs by Hoërskool Nelspruit bymekaargekom om die nuutste krieketwette onder die knie te kry. Daar is tans 42 bestaande wette in krieket, maar die reëls verander gereeld om tred te hou met die spel wat verander.

Enigiemand kan aan die bogenoemde kursus deelneem. Wanneer vlak een voltooi is, kan spelers na vlak twee en drie aanbeweeg. Eersgenoemde is ‘n nege-uur kursus en kos slegs R150.

Vlak een laat die skeidsregters toe om oor skool- of klubwedstryde te beslis. Hier word hulle gegradeer op hoe goed hulle druk hanteer en ook hoe vinnig hulle op die vlak van die meer ervare skeidsregters kan kom. “Dit vat gewoonlik drie wedstryde om gereed te wees,” sê Cornelius.

Bogenoemde word bepaal deur ‘n verslag deur beide spanne se kapteine, asook die skeidsregters.

Genoeg ondervinding moet opgedoen word om na die volgende vlakke aan te beweeg.

Cornelius dring daarop aan dat spelers in oefening bly. Dit sluit in die gereelde kyk van westryde op die televisie en die beslissing daarvan.

Die volgende geleentheid om die kursus te voltooi sal op 9 Mei by Flamboyant Skool vanaf 08:00 tot 17:00 aangebied word. Kostes beloop R150 per persoon.

Besprekings: Jaco Botes by 072-579-6715 of Johan Cornelius by 082-441-8379.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Support local journalism

Add The Citizen as a preferred source to see more from Lowvelder in Google News and Top Stories.

Back to top button